|
|
|
 |
| |
| Ligtorings, Vuurtorings of Ligbakens
(Ook soms genoem lighuise) Ligtorings en hul vuurtoringwagters word oral oor die
wêreld aangetref om groot waterweë en seestrate of seegebiede vir die seevaarder
veiliger te probeer maak.
So tref mens byvoorbeeld langs die groot mere van Noord-Amerika talle ligtorings
aan. Lake Ontario het onder andere die Old Fort-ligtoring met sy kasteelagtige voorkoms.
Een van die oudste aktiewe ligtorings by Lake Erie, is Marblehead-ligtoring wat in 1822
gebou was. Lake Superior het verskeie ligtorings, insluitend die Sandeiland-ligtoring, die
Raspberry-ligtorings en die Marquette Hawe ligtoring op die Apostle-eilande asook die
Passage Island en Rock of Ages-ligtorings. |
|
|

Kliek foto vir groter weergawe |
Aan die Noordwestelike kus van Kanada kry mens 'n magdom
vuurtorings. Daar is die pragtige Triple Island-ligtoring en die Pine Island se ligtoring
in die noord-westelike deel van die besondere mooi Queen Charlotte Straat. Waar die golwe
woes teen die weste van Vancouvereiland slaan, is die Pachena Point-vuurtoring. Sommige
vuurtorings van ouds, is vervang met ligbakens en ander is geoutomatiseer, soos bv. die
Brockton Point-ligtoring wat in die Vancouver-hawe is. |
|
|
Die hoofdoel van ligtorings is om mense
op see, of op ander groot waterweë, soos groot mere, te waarsku van gevaarpunte, soos
hoogliggende rotse, seebanke of ander bedreigings, wat tot die sink van 'n seevaartuig mag
lei. Vuurtorings vergemaklik ook die ingange by hawes.
Ligtorings se geskiedenis trap al eeue lank diep voetspore en een
van die bekende vuurtorings in die Antieke geskiedenis, was die Alexandria-Vuurtoring. Dit
was beskou as een van die sewe wonders van die antieke tyd en die vuurtoring het ook
bekend gestaan as die Pharos van Alexandria. Dit is na bewering in die 1300's in 'n
aardbewing vernietig. |
|
| Ligtorings het talle argitektoniese style. Vanaf ronde
en kegelagtige torings, tot blokkige geboue soos die
Neuwerkeiland-ligtoring in Hamburg, Duitsland. Sommiges het mooi
kasteelagtige geboue by die toring, soos die Byron Bay-vuurtoring in
Nieu-Suid-Wallis, Australië. Ander het gedenkwaardige dele om te besoek,
soos die imposante Bengtskär, met sy museum, wat geleë is in Finland. |

Iles de la Madeleine
Kliek foto vir groter weergawe |
|
| Die boumateriaal wissel ook baie en weens die aard van
die aanvanklike doel van ligtorings, is hulle meestal op baie gevaarlike, ongerieflike en
besondere plekke gebou. Dus, baie vuurtorings of ligtorings is op uitstaande rots
gedeeltes gebou. 'n Voorbeeld hiervan is die bekende ligtoring by Peggy's Point in Nova
Scotia (Kanada). Ander ligtorings is soms omring met water en gebou op rotsagtige dele wat
net onder die watervlak versteek is, soos die Eddystone-Ligtoring, wat mense van die
gevaarlike Eddystone-Rotse moet bewus maak. |
|

Peggy's Cove Kliek foto vir groter weergawe |
Vuurtorings het in die antieke tyd van vuur en sonlig en later van
lampe tesame met spieëls gebruik gemaak om die ligtoring se lig te laat vertoon. Die
beginsel van die konsentrasie van ligstrale is gebruik en later met behulp van 'n lens
(Fresnel-lens) verbeter. In die ouer torings was 'n soort horlosie-apparaat gebruik om die
omwenteling en draai-effek van die lig op gereelde basis te roteer. Die tipiese horing is
geblaas in stormagtige en mistige weer. Daar is, weens die beter werking
en effektiwiteit, in sommige plekke twee ligtorings naby mekaar gebruik, wat dan die
meting vir die vaarder vergemaklik het. Hierdie twee-toring-tegniek is al so vroeg as die
1830's in Europa ontwikkel. Deesdae is daar beide bemande en onbemande ligtorings, asook
ligbakens, omdat die tegnologiese ontwikkeling dit toelaat. Natuurlik is sommiges ook
geoutomatiseer om die funksies te verrig. |
| Met die koms van die Global
Positioning System (GPS), het die aard van seevaart baie verander en het baie ligtorings
geoutomatiseer of in onbruik geraak. Ligtoringbewoners het ook al hoe minder geword, of
die rol van sulkes het meer verander na noodredding. Natuurlik het sommige ligtorings ook
besienswaardighede vir toeriste geword, soos die Cabo Branco-ligtoring wat aan die mees
suidelike punt van Suid-Amerika geleë is. Of ligtorings nou nie meer hoogty vier nie, of nie, hulle bly mooi en besondere
geboue, wat sekerlik tot groot verligting gelei het vir die seevaarder en sy bemanning
tydens stormagtige weer.
Meer inligting oor lig- of vuurtorings:
|
| |





















|