Teddies

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Teddiebeertjie in veelkleurige pakkie
Kliek foto vir groter weergawe

Teddiebere: Baie minlike speelgoed vir ure se genot

Teddiebere is oulike sagte speelgoed wat sedert die vroeg 1900's gewildheid begin kry het. Die meeste van ons het, as kind, 'n ou teddietjie of twee gehad wat ure se speelgenot en vertroosting gegee het.

Deesdae is daar derduisende soort speelgoed-bere in 'n magdom van groottes, kleure, vorms en tekstuur. Die grootste teddie is 55 voet 4 duim en lê rustig op sy rug en slaap. Die kleinste teddiebeertjie is so piep-klein dat dit op 'n mens se duimnael kan inpas, maar net 5mm.

 
Daar is bere wat in massa vervaardig word, maar ander is uniek en met groot sorg handgemaak.

Mens sien van die tipiese ouderwedse teddiebere tot meer moderne beertjies in pragtige klere. Selfs koala- en pandabere word soms gemaak as deel van die Teddiebeer-brigade. Hulle kan gemaak word van materiaal, gebrei en gehekel word van gewone, Angora-, alpakkawol of hekelgaring en ander word selfs van symateriaal of sagte leer gemaak. Daar is deesdae ook sommiges wat suiwer uit herbenutte materiaal gemaak word.

Teddiebeer met rooi strik
Kliek foto vir
groter weergawe

 
Teddiebere se gewildheid strek heinde en verre en is te siene op alle terreine van die lewe. So is daar byvoorbeeld teddiebeer-byeenkomste, -webwerwe, -soekenjins, -museums en natuurlik talle gewilde boeke wat teddies as hoofkarakters gebruik. Daar is films en video's oor hulle, geskenk- en muurpapier wat speelgoedbeertjies vertoon en selfs baba-eetgerei, klere en pette en hoede met beertjiepatrone. Kinderkamerversierings, linne, dekens en gordyne kan maklik opgespoor word in winkels. Praat nie eers van die tonne verjaardag- en ander herdenkings- en geleentheidskaartjies nie! Net soos in Amerika waar daar ongeveer 2,5 miljoen versamelaars is, is die teddiebeer reg oor die wêreld nou 'n baie gewilde speelding.

Teddybear in pink dress (Beads)/ Teddiebeertjie in ligroos rokkie (krale)
Kliek foto vir groter weergawe

Soms dink mense dat die oulike koala bygedra het tot dié speelding se ontstaan. Dit is egter hoofsaaklik twee persone wat die teddiebeer-speelding prominensie gegee het en bygedra het tot hul groot gewildheid.

Die een was 'n Duitse ontwerper, Richard Steiff in samewerking met sy tante Margarete Steiff, 'n gestremde dame wat nuttig met naaldwerk was. In 1899 het Margarete Steiff 23 ontwerp-patente van sagte speelgoed geregisteer, waarby onder andere ook 'n beertjie ingesluit was.

 
Steiff en sy tante het in 1902 'n prototipe gemaak en in Maart 1903 was die pragtige speelgoedbeertjie vrygestel by die Leipzig Speelgoed-uitstalling. Daar het 'n Amerikaner by name Hermann Berg, van 'n groot New Yorkse Speelgoedmaatskappy, die oulike speelding raakgesien en 'n redelike bestelling geplaas. Dit is kort daarna met 'n nog groter bestelling opgevolg. Dít het die teddiebeer op sy weg van gewildheid geplaas.

Die ander persoon wat 'n bydrae tot die teddiebeer se gewildheid gehad het, was die Amerikaanse President,Theodore Rooseveldt, na wie die speelding vernoem is. Teddiebere het in Amerika ontstaan na aanleiding van 'n karikatuurprent van Rooseveldt wat 'n beer in die agtergrond vertoon. Die spotprent het in November 1903 verskyn en kort daarna het Morris Michtom, wat deur die prent geïnspireer was, 'n sagte speelgoedbeertjie ontwerp wat hy "Teddy's bear" genoem het. Hy het die beertjies in sy lekkergoedwinkel begin verkoop, maar het sowat 'n jaar daarna die speelgoedmaatskappy Ideal Novelty and Toy Company, gestig, waar die teddiebeertjies gemaak en verkoop was.

Die beertjies het deesdae ook ander nut. Sommige hulppersoneel soos paramedici en brandweerpersoneel het begin om beertjies aan kindertjies te gee wat in ongelukke betrokke was. In Kanada word daar na sekere groot hokkiewedstryde, beertjies op die skaatsbaan gegooi deur die toeskouers, waarna dit dan alles as geskenke na weeshuise en ander welsynsinstansies gekanaliseer word.

Teddybears ballet
Kliek foto vir
groter weergawe

Ja, ou Teddie is nog oral aan die voorfront van sake. Wie ken nie die bekende ou liedjie: "The Teddy Bear's Picnic" nie? 'n Vrolike opgeruimde liedjie.

Teddiebere of dan "Teddy bears", bly baie geliefd en word nou nog meer as ooit gemaak, gekoop en versamel.

Lees meer by:

www.teddy-bear-artists.com.
www.theteddybearmuseum.com.
www.teddybearhouse.co.uk
www.theteddybearchest.co.uk
www.cymruted.com (liedjie se woorde)
Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Die Bybel
Hervorming
Moedersdag
Vadersdag
Fotografie
Teddies
Spele
Stede
Pretparke
Vuurtorings
Brûe
Kastele
Argitektuur
Lugballonne
Windkrag
Veerbootrit
Tegnologie
Asimo
Smart Dust
Mars

Tuis|HomeDie BybelHervormingMoedersdagVadersdagFotografieTeddiesSpeleStedePretparkeVuurtoringsBrûeKasteleArgitektuurLugballonneWindkragVeerbootritTegnologieAsimoSmart DustMars

Die wonderlike wêreld van die natuur

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel en kruis)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads