|
Die
Olimpiese atleet was Eric Liddell. Hy is gebore 16 Januarie 1902 in Tientsin (Tianjin) in
Noord China waar sy ouers sendelinge was. Hierdie Olimpiese atleet se verhaal, was eers in
die biografie "The Flying Scotsman" (London: Quartet, 1981) van Sally Magnusson
saamgevat. Die welbekende film "Chariots of Fire", is ook op sy lewe gebaseer. Eric Liddell, die Skot, sou menige grootkoppe en Engelse staatsleiers in die
gesig vat, omdat hy nie op die Sondag aan die uitdunne vir die naellope (100meter) wou
deelneem nie. Tog gebeur die wonderlike. Hy skryf in vir 'n ander afstand, die 400 meter
en breek 'n rekord wat lank nog in die geskiedenisgange sou weerklink. Hy wen met 'n
uitstaande rekord vir daardie tyd.
Liddell, 'n wetenskap-onderwyser, keer later terug na die sendingveld in
Tientsin (Tianjin), asook later in Siaochang. Hy is in 1932 as prediker ingeseën en hy
trou met Florence Mackenzie, wat uit 'n Kanadese sending-familie gekom het. Hy en Florence
se dogters se name is Patricia, Heather en Maureen, wat in Kanada woonagtig was.
Eric word gevange geneem tydens die Japannese inval en bevind hom in die
Weishien-kamp. Daar lewer hy ook 'n bediening in die interniskamp, deur Bybelstudies en
ander klasse soos wetenskap en sport aan te bied. Sy voorbeeld en liefdesdiens was tot
groot hulp en aansporing vir dié in die siekesorg wat hom in daardie tyd leer ken het. Hy
sterf in 1945 in die kamp van 'n breingewas en tifuskoors.
Die uitdrukking "Complete surrender" was Eric se mikpunt in die
uitleef van sy geloof as Christen. Hy het nie net goud op die sportveld verkry nie, maar
het 'n goue nagedagtenis in die mense se harte en herinneringe gelaat vir menige wat sy
voorbeeld gesien en van gehoor het.
Mag hierdie jaar se deelnemers God ook besonder eer met die sportaanleg wat Hy
hulle mee seën.
Vir meer inligting oor hierdie besondere Olimpiese Christen wenner besoek ook:
|