|
|
|
 |
|
|
|
Pretparke: 'n Gillende ervaring Die
sukses van pretparke is waarskynlik te wyte aan die talle elemente wat
dit inkorporeer. Dit verskaf vermaak, maar anders as met 'n gewone
speelgrond, waar net kinders op die swaaie, klimrame en gly-en wipplanke
speel, is daar by die pretpark ry-apparaat en ander vermaak vir
volwassenes ook. Die idee van die pretpark is baie oud en het al in
die 15de eeu na vore begin kom. Dit het moontlik sy oorsprong by antieke
en middeleeuse feeste en handelskoue. |

Kliek foto vir
groter weergawe |
|
|
|
Die ou tipe kermisse of dorpsfeeste, waar
vuurwerke, ritte, kosstalletjies, danse, opvoerings en poppespel
raakgeloop kon word, was die saamkomplek van talle gemeenskappe, waar
nuus, goedere en inligting uitgeruil en gedeel was. 'n Groot
versameling van byeenkomste het almal maar eienskappe van die
pretpark-idee. Dit sluit in feeste, skoue, karnavalle, kermis, fête en
selfs vlooimarkte. Sulke geleenthede is gewoonlik gehou kort na oestye
of om een of ander belangrike geleentheid te vier. Die doel van al sulke
byeenkomste is om die gemeenskap die geleentheid te gee om ware te ruil,
te bemark, te verkoop en bekend te stel. Die res van die bedrywighede op
die kermisterrein is dan tot vermaak van besoekers. Een van die oudste
pretparke is Bakken (Dyrehavsbakken) in Kopenhagen, wat in 1583 geopen het. |
|
|
|

Kliek foto vir groter weergawe |
Deesdae het die gewone ou pretpark geweldige
gedaantewisselings ondergaan, omdat al hoe groter ryapparate
vir pretritte beskikbaar word en nog steeds ontwikkel word.
In die 1800's het pretparke begin gewild raak in Amerika.
Gedurende die Chicago-wêreldfees, wat ter viering van
Columbus se ontdekking van die "nuwe wêreld" gehou was, is
die reuse wiel (ferris wheel), bekend gestel. Dié eerste
reuse wiel, wat 80 meter of dan 264 voet hoog was, was
ontwerp en gebou deur George Washington Gale Ferris, Jr.
Variasies op die gewone ferriswiel was die dubbel- en
trippelwiele. Die gebruik van 'n reuse wiel of kermiswiel was
dadelik gewild en bly nogsteeds een van die belangrike ritte
by pretparke. Ander ryapparate is mallemeulens,
stoelrondomtalies en tuimeltreine. |
|
|
|
|
Sommige pretparke, wat rondom die idee van 'n tema geskep word, is ook
al hoe meer aan die orde van die dag. Van die mees bekendste
tema-pretparke is sekerlik die reeks Disneyparke, wat rondom die
verskillende temas van Disney se fantasie-karakters uit sy films begin
is. Six Flags in Texas, is nog so 'n tema-pretpark, asook Bobbejaanland
in België. |
|
|
|
Deel van die toenemende gebruik van die pretpark-idee, vind ook deesdae
beslag in die reuse winkelsentrums, waar pretritte en fantasie-areas deel
van die res van die omgewing vorm. 'n Goeie voorbeeld daarvan is die
West Edmonton Mall in Kanada, waar die pretpark 'n deel vorm
van die totale inkopie-ervaring. |

Kliek vir groter weergawe |
|
|
|
Ander noemenswaardige pretritte wat deel vorm van pretparke, is die
rondomtalie ("merry-go-round"). Dit is veral kleuters en jong kindertjies
wat die perdjies, wat so draai en draai om 'n spilpunt, baie geniet. En
wat sou 'n pretpark nou wees sonder die groot swaaie, die waterglybane,
die mini-gholfbane, die tuimeltrein (roller coaster), die spookhuis en
grappige spieëls? Om nie eens te praat van die pragtige veelkleurige
ballonne, grapmaker-narre, gooispeletjies, worsbroodjies, springmielies en spookasem nie! |
|
|
|
Lees meer by: |
|
|
|
|
|
Ps 118:24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat
ons daaroor juig en bly wees.
Ps 118:24 This is the day which the LORD hath made; we
will rejoice and be glad in it. |
| |





















|