Moedersdag

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

 

Moeders is baie spesiaal

Moedersdag

Die gedagte om Moeders op 'n spesiale dag te herinner net hoe spesiaal hulle eintlik is, het alreeds in die antieke tyd ontstaan en is deesdae 'n instelling reg oor die wêreld. En met goeie rede, want moeders is baie spesiale wesens wat ons liefde dubbel en dwars werd is.

Wie onthou bv. nie die pragtige verhouding van Naomi en haar skoondogter Rut nie? En was die geloof, waagmoed en inisiatief van Moses se ma nie iets wat mens verstom nie? Hoeveel moeders dwarsdeur die eeue het nie geskroom om hulle eie lewens te gee vir dié van hulle kindertjies nie. En wie se hart word nie seer as ons 'n siek kindjie sien nie?

 

Laat ons in hierdie tyd en ook in die dae en maande vorentoe die moeders eer en liefhê vir alles wat hulle vir ons doen en opoffer. Om ons moeder te eer is 'n Bybelse opdrag en om hulle lief te hê en gehoorsaam te wees, as hulle goeie raad en leiding gee, is net tot ons voordeel.

Daar is talle spreekwoorde en aanhalings oor die deugde van moeders. Daar is o.a. die volgende Engelse uitdrukkings:

"A man's work is from sun to sun, but a mother's work is never done." en "The most important thing a father can do for his children is to love their mother."

Dan is daar die Sjinese spreekwoord wat aandui dat daar net een pragtige kind in die wêreld is en en dit is elke moeder se kind. --- Is dit nie waar nie? Moeders dink dat HULLE kinders die oulikste, slimste en mooiste kinders op die ou aarde is.

'n Pragtige Joodse uitdrukking sê dat 'n moeder verstaan wat haar kind nie kan verduidelik of verwoord nie.

Die skrywer van hierdie teks weet maar te goed hoe dié dag, Moedersdag, mens kan kwes as jou dierbare moeder al oorlede is. Die verlange bly groot. In sulke tye is ek egter ook te dankbaar vir die wonderlike tyd wat sy vir my gespaar was. Daardie tye wat sy my dinge geleer het wat ek nou weer kon oordra aan andere.

Dank saam met ons die Here vir moeders wat die opvoeding van hulle kinders belangrik ag en so hard werk om haar kinders nie net 'n goeie grondslag te gee vir die toekoms wat voorlê nie, maar ook hard probeer om 'n goeie Christelike voorbeeld daar te stel. Die wêreld het sulke leiers en burgers bitter nodig.

 

!rostar7.gif (848 bytes)

!rostar7.gif (848 bytes)

DANKIE Mammas, julle is sterre!

 
www.godweb.org
www.annieshomepage.com
legacyproject.org

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Die Bybel
Hervorming
Moedersdag
Vadersdag
Fotografie
Teddies
Spele
Stede
Pretparke
Vuurtorings
Brûe
Kastele
Argitektuur
Lugballonne
Windkrag
Veerbootrit
Tegnologie
Asimo
Smart Dust
Mars

Tuis|HomeDie BybelHervormingMoedersdagVadersdagFotografieTeddiesSpeleStedePretparkeVuurtoringsBrûeKasteleArgitektuurLugballonneWindkragVeerbootritTegnologieAsimoSmart DustMars

Die wonderlike wêreld van die natuur

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel en kruis)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads