Kastele

 

 Opgedateer: 24 Januarie 2012 ** Updated: January 24, 2012

Soek in hierdie webwerf  

 

Kastele, paleise, chateau's, herehuise, forte en ander statige vestings

Wie hou nie daarvan om soms te sit en lugkastele bou nie? Die kastele, vestings, forte en paleise van ouds het egter meer as net drome gevra om te realiseer. En wat 'n geweldige heroïese taak moes sulke imposante vestings nie gewees het om te bou nie. Mens se asem slaan nou nog weg om kastele wat die eeue se brute krag deurstaan het, gade te slaan.

 

Kastele het al selfs so lank terug as die 8ste eeu voor Christus bestaan en die hoofdoel was die opstapelende beskermings wat die kasteel dan gebied het.

'n Kasteel is 'n groot gebou of meestal groep geboue. Die oorsprong van die woord kasteel is van Latyn "castellum" wat vertaal kan word met vestingkie. Die Franse woord "château" het ook sy oorsprong hiervandaan. Woordeboeke beskryf die verklaring van die woord kasteel as 'n vesting of groot vorstelike woning met oa. die insluiting van forte en groot landgoedwonings of paleise.

Kasteel
Kliek op foto vir groter weergawe

 

Mens kan min die woord "paleis" gebruik sonder om onwillekeurig te dink aan ridders en die Middeleeue, want dit is in hierdie tyd wat groot en indrukwekkende geboue tot hul reg gekom het. Kastele is dikwels gebou op heuwels, in die draai van 'n groot en diep rivier of op die uithoek van 'n krans, waar bv. die see en afgrond aan sommige kante beskerming kon bied teen die maklike inval van die vyand.

Kastele van ouds was eers bloot net gebou van hout met omsirkelende palissades en 'n droë grag, maar dit het ontwikkel in imponerende en baie groot klipgeboue, met hoë en geweldige dik en moeilik bestygbare mure, wat bygedra het tot die fortifisering van die vesting. Kastele was ook dikwels omring met water, of het gragte gehad met die tipiese ophaalbrug en die gewigtige en baie dik poorthek, wat dig sluit en beskerming teen invallende troepe kon bied.

By kastele was daar die sentrale hoofgebou of vestingtoring en ook hoë kanttorings as uitkykpunte, waar wagte dag en nag moes uitkyk om die omringende landskap te bespied. Brugtorings met kantele en skietgate was kenmerkend by die latere kastele. Sommige kastele het ook 'n kerker gehad waar vyande gevange gehou was. 'n Verdere kenmerk wat dikwels nog vandag gesien kan word by kastele, is die beskermsmuur of -mure en klein boogskutters-openinge. Kastele het ook dikwels 'n binnehof, tuine, 'n poorthuis en stalle gehad, om selfonderhouding van die kasteelinwoners moontlik te maak.

Daar is baie kastele wat vandag nog besoek kan word en welbekend is. Die Loire-vallei in Frankryk is beroemd vir sy talle kastele, oa. die Chenonceau-kasteel, Die Koninklike Paleis van Amboise, Château de Chambord, die Azay le Rideau-kasteel, en Château de Saumur. Talle kastele kom ook in ander dele van Europa voor, soos in Duitsland, Switserland, Engeland, Skotland, Wallis, Noorweë, Swede en Nederland.

Meer inligting oor beroemde en majestieuse kastele:

www.castlesontheweb.com
  (Omvattende webwerf met baie verwysings.)
http://www.castles.org/castles (Gee 'n lys van lande)
http://library.thinkquest.org
  (Gee 'n lys van items en woorde wat tipiese by kastele gebruik word.)
http://www.casteland.com
  Château Gaillard, gebou deur Richard I "Die Leeuhart"
http://www.castlewales.com/listings.html (Alfabetiese lys van kastele)
www.castles-of-britain.com
  (Alfabetiese lys van kastele)
helios.augustana.edu
  Die Wartburg-kasteel in Oos-Duitsland, het besondere betekenis vir Protestante omdat dit die plek is waar Martin Luther die Bybel in Duits vertaal het.
www.casteland.com
  (Die kasteel Pierrefonds)
www.skiptoncastle.co.uk (Shipton-kasteel in Engeland)
www.leeds-castle.com
  (Leeds-kasteel wat interessante geleenthede aanbied) kyk ook na
www.casteland.com/puk/castle/europe
  vir 'n mooi beskrywing deur lord Conway van hierdie pragtige kasteel.
www.neuschwanstein.de
  Laaste maar nie die minste nie, die baie beroemde Neuschwanstein-kasteel en die besondere koning Ludwig II

 

 

Foto galery

Kliek op foto vir groter weergawe
Neuschwanstein-kasteel
Neuschwanstein
Die Kasteel Langeais
Langeais
Die Kasteel Chenonceau
Chenonceau
Die Kasteel Chaumont
Chaumont

Die Brissac-Kasteel
Brissac
Die Kasteel by Versailles
Versailles
Die Kasteel Le Lude
Le Lude

Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Die Bybel
Hervorming
Moedersdag
Vadersdag
Fotografie
Teddies
Spele
Stede
Pretparke
Vuurtorings
Brûe
Kastele
Argitektuur
Lugballonne
Windkrag
Veerbootrit
Tegnologie
Asimo
Smart Dust
Mars

Tuis|HomeDie BybelHervormingMoedersdagVadersdagFotografieTeddiesSpeleStedePretparkeVuurtoringsBrûeKasteleArgitektuurLugballonneWindkragVeerbootritTegnologieAsimoSmart DustMars

Die wonderlike wêreld van die natuur

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies

afrikaansegids.info
dieknoop.info
arkpark.com

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel en kruis)

 

Bekering

 

Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2012
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads