|
 |
|
|
| Fotografie: Beelde van
Herinnering [foto + grafie, vanaf Grieks φώς (phos) "lig" +
grafie γραφή (graphê) "tekening", dus "teken met lig".]
Fotografie is die proses en kuns om beelde of prente te maak deur
lig vas te vang op 'n ligsensitiewe medium, soos 'n chemiese of
elektroniese sensor. Dus "Vang 'n storie vas met lig", of "Vries
fotons vir die toekoms". |

Kliek foto vir groter weergawe |
| |
|
Die mens het sedert die vroegste tye
die behoefte ervaar om sigbare dinge vas te vang in prente of
beelde, sodat dit later weer bekyk kan word. Die ontwikkeling van
die hedendaagse kamera kan oor 'n tydperk van meer as 2000 jaar
gesien word, van die "pinhole", die camera obscura, die
daguerrotype, tot die chemiese rolfilm-kamera en die digitale kamera
met elektroniese sensors sensitief vir lig.
Hoewel die huidige digitale kamera
bekendheid verwerf het sedert die middel '90s, is die gebruik van
elektroniese sensor reeds dekades vroeër in die televisie-kamera
gebruik, hoewel met 'n effens ander tegnologie en laer resolusie.
Bewegende beelde, rolprente of video's, word geskep deur 'n reeks
van beelde vinnig na mekaar te vertoon, sodat dit deur die menslike
oog as 'n aaneenlopende vloei van gebeure waargeneem word. Dit is
toepassings van dieselfde basiese beginsels in parallel met
stilkameras. Aanvanklik is dit gewoonlik in twee afsonderlike
apparate aangetref, maar daar is 'n neiging tot meer oorvleueling
tussen die apparate, met videokameras wat stil foto's kan neem, en
stilkameras wat video's kan neem, as sekondêre funksies.
Die beeld wat geregistreer word op die sensor, word bepaal deur
watter hoekie van die lig uit die omgewing deur die ligopening kom.
Dit word beheer deur 'n lens. Vroeër was daar 'n vaste lens met 'n
vaste fokale lengte op die kamera, dus 'n vaste hoek van die beeld
is geregistreer. Mettertyd kon lense met verskillende fokale lengtes
omgeruil word op 'n kamera. 'n Langer fokale lengte ("lang" of
telefotolens) lewer meer vergroting van voorwerpe wat ver is, terwyl
'n korter fokale lengte ("kort" of wyehoeklens) meer van die
omgewing insluit, teen laer vergroting. Daar is ook lense met
verstelbare fokale lengtes (zoemlense) wat die beeld op die sensor
kan verklein of vergroot, maar teen die koste van laer kwaliteit.
Meeste kompakte kameras kom met zoemlense, party selfs met 'n faktor
van 20x of meer.
Lig word waargeneem deur 'n foton ('n elementêre partikel
golf-eienskappe, sonder massa of lading) wat 'n reaksie veroorsaak
in 'n medium. Sigbare lig is maar 'n nou deeltjie van die
elektromagnetiese spektrum. Daar is ander dele van hierdie spektrum
wat gedek word deur gespesialiseerde apparate: infrarooi,
ultraviolet, gamma (x-strale), mikrogolwe en radiogolwe. Talle
nuttige aanwendings is hierop gebaseer, soos in sterrekunde,
navigasie (radar), mediese, polisie en militêre toepassings, asook
elektronmikroskopie, dws op die molekule- en atoomvlak.
Terug na die kameras wat algemeen vir
die verbruikers beskikbaar is:
Huidige digitale kameras is vinnig
besig om in te haal wat vroeër as die grense vir filmkameras beskou
was. Die verskil is dat die proses baie eenvoudig geword het, met
geen film om te ontwikkel nie en drukwerk kan inhuis op gewone
rekenaardrukkers gedoen word. Dis egter so dat kommersiële drukwerk
wel goedkoper kan wees, maar selfs hier kan die foto's elektronies
met die geheuekaart of per internet oorgedra word, sonder om die
oorspronklike te vernietig, of te verswak. |
| |
|

Kliek foto vir groter weergawe |
Die tegnologie in die kamera self, het
aansienlik verbeter oor die afgelope dekades, sodat dit
vir terloopse of informele gebruikers (teenoor
entoesiaste of beroepsfotograwe) moontlik is om
verbasend goeie resultate te verkry in meeste situasies.
Daar is talle hulpmiddels ingebou in talle modelle, soos
outofokus, outobeligting ("exposure"), outoflits,
outo-sensitiwiteit, outowitbalans, outomatiese bepaling
van die toneel (soos verstelling vir portretfoto's,
makrofoto's, of selfs vir naglandskappe) en selfs die
outomatiese herkenning van gesigte, vir korrekte fokus
van mense in die foto. |
|
| |
| In kameras gemik op algemene gebruikers
is daar dikwels 'n oorvloed van toneelmodes ("scene modes"), wat die
kamera korrek instel vir portrette, vuurwerke, binne- of
buitenshuise sportgeleenthede, die strand, kinders, babas of
troeteldiere, partytjies, kerslig, sonsondergang, ens. Natuurlik is
daar ook kameras wat die entoesias toelaat om dinge te verstel na
hartelus, asook om lense om te ruil, flitse te beheer en selfs in
slegte weer te gaan met die apparaat, insluitend in reën en stof en
by die see, asook onderwater. |
| |
|
Hoe kies ek 'n kamera?
Hierdie vraag is amper soos om te vra:
Hoe lank is 'n stuk tou? Dit hang van talle faktore af, insluitende
gebruik, prys, verwagting van die kwaliteit van die foto's en
grootte.
Kom ons kyk na enkele punte wat 'n
aansienlike invloed het op die resultate. |
| Eienskap |
Oorweging |
Kommentaar |
| Grootte en
Gewig |
As die
kamera te groot is om byderhand te wees, kan belangrike
foto-geleenthede misgeloop word. Dis beter om effens
minder perfekte foto's te hê, as glad nie |
Kies 'n kamera wat jy
gemaklik vind om te hanteer en saam te dra. 'n DSLR
(digitale "Single Lens Reflex") met 'n stel lense kan
etlike kilogram weeg en ook 'n taamlike volume beslaan,
in 'n eie toegewyde sak of tas. Dis dalk nie wat jy in
gedagte het nie. 'n Kompakte kamera kan dalk sommer in
'n sak pas. Professionele fotograwe dra ook dikwels 'n
kleiner model saam. |
|
Sensor-grootte |
Die sensor se grootte bepaal in 'n groot
mate wat die kwaliteit van die vasvang van die
ligpatrone gaan wees. Met
huidige tegnologie en die megapixel-resies, word die
sensor in al hoe kleiner deeltjies opgebreek, wat
individueel al hoe minder lig opvang. Die staties en
dinamies effekte van die elektronika het 'n groter
invloed op die ruis ("noise") wat vertoon word in die
beeld. Gewoonlik eers sigbaar by hoër sensitiwiteit (ISO
800+), kan dit deesdae reeds opgemerk word in
basis-sensitiwiteit, ISO 100 in meeste gevalle. |
Kyk na voorbeelde van
foto's geneem deur die kameras waarin jy belangstel en
besluit watter kwaliteit aanvaarbaar sal wees. Meeste
ruis is net sigbaar in aansienlike vergroting. As die
omgewing egter swak beligting het, of jy 'n woelige
kleuter binnenshuis in foto's wil vasvang, gaan 'n
groter sensor beter werk. |
|
Stabilisasie |
'n
Groeiende deel van die mark het deesdae een of ander
vorm van optiese stabilisasie. Dit behels dat die
lens óf die sensor beweeg word om trilling of bewing teë
te werk. Sodoende kan skerp foto's teen aansienlike laer
sluiterspoed (gewoonlik in donkerder omstandighede)
geneem word. LW: Digitale stabilisasie is net
'n tegniek wat die sensitiwiteit opstoot om die
sluiterspoed te verhoog. Dit kan saam met optiese
stabilisasie gebruik word. Die effek van ruis by hoë
sensitiwiteit moet egter in gedagte gehou word. |
'n Groot faktor in
die uitskakel van onduidelike foto's in swak lig of met
"lang" lense. |
|
Beeldsoeker |
Dit raak
al hoe moeiliker om 'n geskikte kompakte kamera met 'n
beeldsoeker ("viewfinder") te kry. In meeste gevalle is
dit vervang met net 'n enkele LCD ("Liquid Crystal
Display") vertoon. 'n Beeldsoeker help dat die kamera
teen die oog gehou word in gewone omstandighede. Dit
skakel die ekstra beweging uit van die
"lang-arm-tegniek", waar die kamera 'n ent van die oog
gehou word om die komposisie van die foto op die LCD te
kan sien. |
'n Kamera met 'n
beeldsoeker, opties of elektronies, lewer gewoonlik
beter resultate. Toets dit self deur 'n aantal foto's in
swakker lig te neem (sonder flits) met net die
beeldsoeker, of net met die LCD. Dit help ook om goeie
asemhalingsbeheer en postuur te gebruik (hou die arms
teen die lyf, blaas die asem uit, druk die sluiter
sonder om die kamera te beweeg). |
| |
|
|
|
| Net 'n laaste, maar baie belangrike
punt. Digitale foto's is wonderlik, maar kwesbaar as dit net op een
plek gebêre word. ALLE media kan op een of ander wyse ophou werk,
sodat al jou herinneringsfoto's daarmee heen is. Vermy
teleurstelling en sorg dat daar minstens een kopie op 'n ander
fisiese medium is. DVD's en CD's kan werk, maar lae-koste media
verswak na 'n aantal jaar en kan onleesbaar raak. Eksterne harde
skywe is gerieflik en koste-effektief om albums te huisves en kan
maklik oorgedra word. |
| |





















|