
Die Bybel is een van die mees belangrikste
boeke in die wêreld en die mees belangrikste vir Christene. Die Woord is
God se liefdesbrief aan Sy kinders en een van die hoofbronne waaruit
gelowiges se geloofslewe gevorm en verryk word.
Deur eeue heen was die inhoud van die Bybel die rigtingwyser na en
openbaring van wat God aan Sy kinders wil gee, naamlik die ewige lewe.
Die Ou Testament is die vooruitskouing van die beloftes, terwyl die Nuwe
Testament van die vervulling van die beloftes vertel. Die Ou Testament
wys na die Saligmaker en Verlosser, naamlik Jesus Christus, se koms,
terwyl die Nuwe Testament vertel van Jesus se geboorte en uiteindelik Sy
kruisdood en opstanding. Hoewel die hele
Bybel vol lesse en waarhede is, het baie mense al getuig van die direkte
en geweldige impak wat slegs gedeeltes of teksverse op hulle lewens
gehad het. Watter gelowige weet nie van die Herderspsalm van Dawid
(Psalm 23) en hoe dit mens kan bemoedig in tye van bekommernis nie?
Romeine 8, wat vir die meeste gelowiges een van hulle bekendste en
geliefste Bybelhoofstukke is, het groot impak gehad vir Maarten Luther,
een van die groot helde van Hervorming. Korinthiërs 13 word deur talle
paartjies tydens die huweliksgelofte gebruik en teksverse soos Johannes
3:16 het een van die refreine geword van menige sendelinge, om sodoende
mense na God en Sy ewige koninkryk te lei.
Die Bybel is deesdae in baie tale beskikbaar. Dit help dat mense wat die
Bybel beter wil ondersoek, die Bybelinhoud van verskeie hoeke af kan
benader en bestudeer en gevolglik ook meer te wete kan kom van God se
doel met ons lewens. Wat 'n voorreg as mens
kan lees, die Bybel besit en God daagliks so kan nader. Dit sal altyd
tot mens se voordeel wees. Soos dit in Jesaja staan: "...so sal My Woord
wees wat uit My mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar
doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur."
(Jesaja 55:11) Lees meer by enige van die
volgende:
|