|
Brûe: Toegang na die anderkant Brûe het van die
vroegste tye af 'n baie belangrike rol vervul. Dit het toegang verleen van en na plekke
vir ruilhandel, die ontdekking en uitbreiding van nuwe gebiede en vir die beskerming van
stede. Brûe word hoofsaaklik in 3 groepe verdeel. Die boogbrug ("arch bridge"),
die baskule brug ("bascule bridge or draw bridge") of ophaalbrug en die
vrydraende brug ("cantilever bridge").
Die antieke Romeine wat hulle groot keiserryk goed wou probeer beheer en nog
verder wou uitbrei, was gedugte brugbouers. Hulle het boogbrûe gebou wat bekend staan as
akwadukte. |

Groter weergawe |
|
Daar is baie besondere en beroemde brûe deesdae. Van die baie beroemde Golden
Gate-brug in San Francisco, Californië, die Brooklynbrug in Manhattan, die Forth Railbrug
in Skotland, die Sydney Hawe-brug in Australië, die Storbaelt in Denmark, Le Pont de
Normandie in Le Havre, Frankryk, die Chesapeake Baai brugtonnel, die Luzern Kapelbrug in
Switzerland, die Pont Adolphe in Luxembourg, 'n baie ou brug naamlik die Ponte di Rialto
in Venisië, tot die 38 kilometer lange Lake Pontchartrain Causeway in Louisiana. |