Lugballonne

 

 Opgedateer: 25 Januarie 2010 ** Updated: January 25, 2010

Soek in hierdie webwerf  

 

Warmlugballonne: Kleurvolle Sweeftuie

Die begeerte om in die lug te kan opgaan en te vlieg of te sweef was van die vroegste tye af 'n begeerte by menige mens. Daardie begeerte het die mens al so ver as die maan geneem, maar dit het baie lank en met talle probeerslae, katastrofes en avonture gepaard gegaan.

Die aanvanklike pogings wat apparate met vlerke was, wat die vlug van voëls probeer naboots het, was nie juis suksesvol nie. Slimkoppe soos Leonardo da Vinci en Jakob Degen het sulke vliegkonstruksies ontwerp.

Warmlugballonne. Kleurvolle Sweeftuie
Kliek foto vir
groter weergawe

 
Met Torricelli se ontdekking van die barometer, waarmee hy bewys het dat lug nie maar net leeg is nie, maar gewig het, het die mens egter anders begin dink oor lug, die eienskappe daarvan en hoe dit gebruik kan word om ballonne te laat sweef. Dit het ook die begeerte na lugvaart beïnvloed en die beginpunt van die ontwikkeling van warmlugballonne gemerk.

Francesco de Lana het 'n soort lugboot wat vier koperballonne gehad het, ontwerp, maar dit was eintlik die broers Etienne en Joseph Montgolfier, wat uiteindelik in 1783 sukses sou bereik met onbemande warmlugballonne wat hulle ontwerp en gemaak het.

Met 'n skeikundige met die van van Charles se ontdekking van waterstof, het die geskiedenis van lugballonne oplaas in Augustus 1783 bietjie hoogte begin kry, maar meeste mense was maar nog baie skepties oor die rare vlugtuie en aanvanklik was diere die reisigers in proefnemings.

 

Warmlugballonne. Kleurvolle Sweeftuie
Kliek foto vir
groter weergawe

Die eerste menslike reisiger was 'n Fransman, Jean-François Pilâtre de Rozier, wat in Oktober 1783 'n paar keer in die Montgolfier se warmlugballonne opgestyg het. Dié ballonne was egter vasgemaak met lang toue en het nie weggesweef nie. Dit is eers later op 21 November 1783 wat de Rozier en 'n adelike, markies d'Arlandes die eerste keer die lug sou insweef en sowat 23 minute in die lug sou bly. Later dieselfde jaar het Charles vir langer in die lug bly en 27 myl ver sweef.
 
'n Ander groot warmlugballon-entoesias, Jean-Piere Blanchard, sou kort daarna in lande soos België, Holland, Amerika en Duitsland die persoon wees wat vir die eerste keer die lug in sweef met warmlugballonne. Hy en John Jeffries sou ook die eerstes wees om die Engelse kanaal met 'n warmlugballon oor te sweef en met hul vlug vanaf Engeland na Frankryk in 1785, neem hulle ook die eerste lugpos saam.
 
Talle avonture, ondernemings en eksperimente met warmlugballonne het gevolg en James Sadler het bv per geleentheid so hoog as 14 000 voet gestyg. Lugballonne was ook gebruik vir navorsing en as oorlogstuie tydens die Franse Rewolusie, die Amerikaanse Burgeroorlog, die Frans-Duitse Oorlog, asook die Eerste Wêreldoorlog.

Die verwante gasballonne (gevul met 'n ligte gas, meestal helium) het ook intussen ontwikkel en tot groot hoogtes gestyg. Die insittendes moes voorsiening maak vir die lae lugdruk, deur in 'n lugdigte kajuit of pak te oorleef. In 1931 het 'n Switserse geleerde August Piccard tesame met 'n vriend so hoog gegaan dat hulle die stratosfeer bereik het. Dit was tot op 'n hoogte van 51 775 voet. Dié rekord is 'n paar jaar daarna deur Fordney oortref met 61 237 voet en in 1935 styg 'n Amerikaanse warmlugballon Explorer II, so hoog as 72 395 voet. In 1960 het Joseph Kittinger in Excelsior III tot op 102 800 voet gegaan en uitgeduik. Tydens sy daling het hy 'n spoed van ongeveer 988 km/h bereik.

Hot Air balloons
Kliek foto vir
groter weergawe

 
Die warmlugballon het baie goed ontwikkel. Die ballonne kon baie hoog en ver gaan, maar die probleem van rigting was nog nie opgelos nie. Dit sou eers in 1852 gebeur toe Henri Giffard die idees van Meusnier en George Caley, die vader van die Britse lugvaart, uitgebrei en toegepas het. Giffard ontwerp 'n buisvormige ballon of lugskip en gebruik stoomkrag. Op 24 September 1852 demonstreer hy sy sukses en daarmee ook die feit dat daar na byna 'n eeu nou rigting aan warmlugballonne of dan lugskepe gegee kan word.

Die warmlugballon wat nou sy deel in die geskiedenis gespeel het, sou deel bly van ons heerlike ervarings, maar die ontwikkeling daarvan in groot lugskepe, sou uiteindelik daartoe lei dat ons ruimte gevul word met vliegtuie en nog verder die ruimte in met ruimtetuie.

 

Lees meer by:

Tegnologiese Ontwikkeling
scenicbuenavista.com
cottonwoodpass.net
amazingnaturephotographs.com
Terug na ADSA

 

 

Tuis|Home
Die Bybel
Hervorming
Moedersdag
Vadersdag
Fotografie
Teddies
Spele
Stede
Pretparke
Vuurtorings
Brûe
Kastele
Argitektuur
Lugballonne
Windkrag
Veerbootrit
Tegnologie
Asimo
Smart Dust
Mars

Tuis|HomeDie BybelHervormingMoedersdagVadersdagFotografieTeddiesSpeleStedePretparkeVuurtoringsBrûeKasteleArgitektuurLugballonneWindkragVeerbootritTegnologieAsimoSmart DustMars

Die wonderlike wêreld van die natuur

Rekenaarwenke

ADSA Werfkaart | ADSA Site Map

     
ADSA Free Ads * ADSA Gratis Advertensies  

ADSA Advertensie-Diens vir die Christelike gemeenskap (engel en kruis)

 Download Bibles

Bybels vir Aflaai

 

ADSA vir Klein Advertensies

ADSA © 1998-2010
Verontskuldiging ** Disclaimer

ADSA for Small Ads