|
 |
|
|
| Warmlugballonne: Kleurvolle Sweeftuie
Die begeerte om in die lug te kan opgaan en te vlieg of te sweef was
van die vroegste tye af 'n begeerte by menige mens. Daardie begeerte
het die mens al so ver as die maan geneem, maar dit het baie
lank en met talle probeerslae, katastrofes en avonture gepaard
gegaan.
Die aanvanklike pogings wat apparate met vlerke was, wat die vlug
van voëls probeer naboots het, was nie juis suksesvol nie.
Slimkoppe soos Leonardo da Vinci en Jakob Degen het sulke
vliegkonstruksies ontwerp. |

Kliek foto vir groter weergawe |
| |
| Met Torricelli se ontdekking van die
barometer, waarmee hy bewys het dat lug nie maar net leeg is nie,
maar gewig het, het die mens egter anders begin dink oor lug, die
eienskappe daarvan en hoe dit gebruik kan word om ballonne te laat
sweef. Dit het ook die begeerte na lugvaart beïnvloed en die
beginpunt van die ontwikkeling van warmlugballonne gemerk. Francesco
de Lana het 'n soort lugboot wat vier koperballonne gehad het,
ontwerp, maar dit was eintlik die broers Etienne en Joseph
Montgolfier, wat uiteindelik in 1783 sukses sou bereik met onbemande
warmlugballonne wat hulle ontwerp en gemaak het.
Met 'n skeikundige met die van van Charles se ontdekking van
waterstof, het die geskiedenis van lugballonne oplaas in
Augustus 1783 bietjie hoogte begin kry, maar meeste mense was maar
nog baie skepties oor die rare vlugtuie en aanvanklik was diere die
reisigers in proefnemings. |
|
|
|

Kliek foto vir groter weergawe |
Die eerste menslike reisiger was 'n
Fransman, Jean-François Pilâtre de Rozier, wat in
Oktober 1783 'n paar keer in die Montgolfier se
warmlugballonne opgestyg het. Dié ballonne was egter
vasgemaak met lang toue en het nie weggesweef nie. Dit
is eers later op 21 November 1783 wat de Rozier en 'n
adelike, markies d'Arlandes die eerste keer die lug sou
insweef en sowat 23 minute in die lug sou bly. Later
dieselfde jaar het Charles vir langer in die lug bly en
27 myl ver sweef. |
|
| |
| 'n Ander groot warmlugballon-entoesias,
Jean-Piere Blanchard, sou kort daarna in lande soos België, Holland,
Amerika en Duitsland die persoon wees wat vir die eerste keer
die lug in sweef met warmlugballonne. Hy en John Jeffries sou ook
die eerstes wees om die Engelse kanaal met 'n warmlugballon oor te
sweef en met hul vlug vanaf Engeland na Frankryk in 1785, neem hulle
ook die eerste lugpos saam. |
|
|
| Talle avonture, ondernemings en
eksperimente met warmlugballonne het gevolg en James
Sadler het bv per geleentheid so hoog as 14 000 voet
gestyg. Lugballonne was ook gebruik vir navorsing en as
oorlogstuie tydens die Franse Rewolusie, die Amerikaanse
Burgeroorlog, die Frans-Duitse Oorlog, asook die Eerste
Wêreldoorlog. Die verwante gasballonne (gevul met 'n
ligte gas, meestal helium) het ook intussen ontwikkel en
tot groot hoogtes gestyg. Die insittendes moes
voorsiening maak vir die lae lugdruk, deur in 'n
lugdigte kajuit of pak te oorleef. In 1931 het 'n Switserse geleerde August
Piccard tesame met 'n vriend so hoog gegaan dat hulle
die stratosfeer bereik het. Dit was tot op 'n hoogte van
51 775 voet. Dié rekord is 'n paar jaar daarna deur
Fordney oortref met 61 237 voet en in 1935 styg 'n
Amerikaanse warmlugballon Explorer II, so hoog as 72 395
voet. In 1960 het Joseph Kittinger in Excelsior III tot
op 102 800 voet gegaan en uitgeduik. Tydens sy daling
het hy 'n spoed van ongeveer 988 km/h bereik. |

Kliek foto vir groter weergawe |
|
| |
|
Die warmlugballon het baie goed ontwikkel. Die ballonne kon baie
hoog en ver gaan, maar die probleem van rigting was nog nie opgelos nie.
Dit sou eers in 1852 gebeur toe Henri Giffard die idees van Meusnier en
George Caley, die vader van die Britse lugvaart, uitgebrei en
toegepas het. Giffard ontwerp 'n buisvormige ballon of lugskip en
gebruik stoomkrag. Op 24 September 1852 demonstreer hy sy sukses en
daarmee ook die feit dat daar na byna 'n eeu nou rigting aan
warmlugballonne of dan lugskepe gegee kan word. Die warmlugballon wat
nou sy deel in die geskiedenis gespeel het, sou deel bly van ons
heerlike ervarings, maar die ontwikkeling daarvan in groot lugskepe, sou
uiteindelik daartoe lei dat ons ruimte gevul word met vliegtuie en nog
verder die ruimte in met ruimtetuie. |
|
|
|
Lees meer by: |
|
|
| |





















|