| Die tema Argitektuur, is nie so
eenvoudig as wat mens aanvanklik mag dink nie. Daar kan hoofstukke en
boeke geskryf word oor die onderwerp. Van die vroegste tye af het die
mens die begeerte gehad om meer permanente skuiling te hê of om strukture
te hê waar daar met groter veiligheid teen die elemente,
vyande of gevaar geskuil kan word. Mens lees in Génesis 11 van die maak
van die vroegste boumateriaal naamlik, stene. Die mens se begeerte om 'n
hemelhoë toring te bou, word van vertel in Génesis 13 (Toring van Babel).
Tydens die bouwerke van Salomo om die tempel, die paleise en stede te
bou, word daar nogal baie van die soort beplannings, bouplanne, hout,
klip, bouers en hul werksmetodes en selfs die ontwerpers, wat die
versierings moes ontwerp, gepraat. (1 Konings 5 tot 9) |
| |
|

Kliek foto vir groter weergawe Plattelandse houthuis |
Dorpies en stede het deels ontwikkel, omdat 'n groep
mense makliker hulself kon beskerm teen gevare as wat enkelinge daarin
kon slaag. Die
behoorlike bou van poorte, stadsmure, toegangsbrûe, uitkyk- of
wagtorings, die waterkanale, ens, het dus alles groot waarde gehad in die
verlede. So lees mens byvoorbeeld van Nehemía en sy stryd om die mure
van Jerusalem herstel te kry, sodat sy volk weer in veiligheid kon woon.
(Nehemía 3 tot 5) |
| |
| Argitektuur is die skep van strukture, die
wetenskap van aspekte soos grootte, vorm en doel daar rondom, maar in meeste gevalle
ook die estetiese of voorkoms van so 'n skepping. Argitektuur sluit nie
net in geboue nie, maar ook ander stukture soos brûe, paaie, die uitleg
van 'n stad of dorp en alle dele rondom dit. Argitektuur is nie net
doelmatig nie, maar vertoon ook iets van die tyd waarin die voorbeelde
van 'n styl geskep en gebruik was. Dinge soos die doel van die gebou,
kultuur, klimaat en beskikbare hulpbronne in die omgewing, het baie te
make met die keuses van die argitektoniese beplanning van 'n gebou of
groep geboue en selfs 'n stadsgebied, voorstad of dorp. |
| |
| As mens dink aan voorbeelde van indrukwekkende
argitektuur kom baie imposante strukture in die gedagtes, soos die muur
van China, wolkekrabbers, damme en kanale, sterrewag-geboue,
vuurtorings, lughawens en ruimtestasies, tonnels, sportstadions,
torings, katedrale, paleise, die piramides en die sfinks by Giza,
tempels, monumente en talle ander groot strukture. |
 Kliek foto vir groter weergawe Gedeelte van die muur van China |
| |
| Die belangrikste kenmerke van die Antieke argitektuur, is die voorkoms en gebruik van suile of pilare. 'n Suil met
die kapiteel wat die argitraaf met sy fries en fronton of kroonlys stut,
is tipiese van dié tyd. Die drie belangrikste style in ontwerpe van
Griekse pilare in die Antieke tyd was die Doriese pilare met die basiese
pilare en pragtige versierings in die fries-gedeelte. Tweedens was daar
die Ioniese styl met die tipiese gekrulde deel by die kapiteel en
derdens was daar die Korinthiese styl wat ingewikkelde patrone en baie
versierings in die kapiteel gehad het. Die marmer tempelgebou op die
Akropolis in Athene, naamlik die Parthenon, is tipiese van die Antieke
Doriese styl. Die sewe wonders van die Antieke tyd was almal
groot strukture, wat oa ingesluit het die Vuurtoring van Alexandrië
(Pharos), die Hangende tuine van Babilon, die Kolossus van Rhodos, wat 'n
hawe ingang was en die piramides in Egipte. |
| |
|

Kliek foto vir groter weergawe Roosvenster (deel van 'n Gotiese kerk) |
Gedurende die Romeinse tyd kom die gebruik van die boog
en koepels tot sy reg. Die styl het reeds so vroeg as 3 000 VC in
Babelonië bestaan. Die Palatynse Kapel in Palermo is 'n voorbeeld van 'n
gebou waar die Bisantynse styl pragtig verteenwoordig word. Nog 'n belangrike styl is die Gotiese. Dit is
onderskeibaar deur die besondere hoë spitstorings, groepe pilare, baie
hoë boë en veelvuldige kleiner versierings en toringkies aan stutmure.
Hierdie styl vier hoogty in die 13de en 14de eeue en talle katedrale was
in dié styl gebou. |
| |
|
| In die moderne tyd het die ontwikkeling van bronne soos metaal,
staal, beton en allerlei ander soort materiale met unieke en sterk
kwaliteite, die bou van besondere strukture en geboue moontlik gemaak.
Kragtige en groot strukture soos die Panama-kanaal, die Niagara-kragstasies, ruimtesentrums soos dié ene in Houston en die
Internasionale Ruimtestasie, die Kanaaltonnel tussen Engeland en
Frankryk onderdeur die Engelse Kanaal en talle
soortgelyke groot stukture word nou al hoe meer alledaags. Besondere ontwikkelings, in bv die bou van baie hoë geboue op ronde
albastervormige stutte of vere, wat skokke en aardbewingsgolwe gedeeltelik
kan absorbeer, maak dat wolkekrabbers in aardbewings-geteisterde gebiede, die
skokgolwe met heelwat beter sukses kan hanteer as voorheen. |
| Omgewingsbewarings-pogings het ook reuse strukture soos
groot windlaaiers en sonkragopwekkers laat ontstaan. Gewone woonhuise
maak ook deesdae al hoe meer gebruik van energiebesparende ontwikkelings
soos dakpanele vir die deurlating van natuurlike lig en sonpanele vir
kragopwekking. Kweekhuise vir die produseer van voedsel word ook al hoe
meer doeltreffend gebruik. Dit is die goeie beplanning van sulke
biologiese sfere of kweekruimtes wat beter resultate met voedselproduksie
al hoe suksesvoller maak. |
 Kliek foto vir groter weergawe Pierre Laporte Brug |
| |
| Die woord argitektuur is afgelei van die Griekse woord
arkitekton (meesterbouer).
Argitektuur word juis in daardie sin ook gebruik in talle ander gebiede.
Die hooftoepassing van die uitdrukking verwys gewoonlik na die opgeboude
omgewing, maar die omvang van die woord is uitgebrei na die kuns en
dissipline vir skepping van 'n plan vir enige ingewikkelde voorwerp of
stelsel.
So word daar rekenaar-argitektuur gevind in beide die harde- en
sagteware omgewings, sowel as die Internet-diensverskaffings areas.
'n Mens se persoonlike rekenaar of werkstasie het sy eie argitektuur
en so ook al die netwerke en databasisse rondom dit. Die kommunikasiewese bestaan
grootliks uit sulke argitekture. Dit kan ook verwys na die implisiete
argitektuur van wiskunde of abstrakte dinge soos musiek, die oënskynlike
argitektuur van natuurlike dinge, soos geologiese formasies of
biologiese selle, of mensgemaakte dinge soos organisasies. In elke geval
word 'n argitektuur gesien as 'n subjektiewe menslike perspektief van
die verwantskappe tussen die komponente van 'n soort struktuur of
stelsel. Argitektuur omsluit dus nie net die
styl en bou van geboue in nie, maar is die wetenskap van die ontwerp,
bou, skepping of waarneming van strukture, hetsy fisies of abstrak. |
| |





















|